Houtkonyn (astrologie)

乙卯

Die Houtkonyn (乙卯, yǐmǎo) is die 52ste jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die tweede Hemelstam (乙, ; die element Hout en Jin) met die vierde Aardtak (卯, mǎo), gesimboliseer deur die Konyn (兔, ).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houtkonynjaar het in 1975 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 11 Februarie 1975 tot 30 Januarie 1976.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search